commission_07042021114707

Haai, righto! Ek’t weer gedink en eerder op ‘n A5 besluit. M.b.t. die brief, die kunswerkie is ‘n geskenk vir Richard. Richard is mal oor ‘n paar dinge: – Sy snor. Hy skeer gereeld sy baard en rock dan ‘n stewige Tom Sellek-snor. – Golf. Hy, sy pa en broer is alewig op een of ander golftoer. – Tweedehandse karre koop/verkoop. Hy wheel en deal alewig. – Daai weird-ass character drawings van die 90s. Loer na die references. So, ek wil graag al hierdie goedjies saam mush. Ek’t gedink Richard met ‘n snor, wat moerse cheesy voor een of twee tweedehandse karre pose. Een het ‘n “SOLD” opgeverf. Hy houvas beslis ‘n golfstok (daar’s ‘n golfsak êrens). Sal awesome wees as ons sy nuwe besigheid se naam “CarMe.co.za” êrens kan inkorporeer; miskien as ‘n logo op sy hemp. Oe! En dan moet die outjie in hierdie weird-ass groot-kop-klein-lyf styl wees, asseblief.

Comments are closed