Beste Anja, Hoop dit gaan goed met jou! Aangesien dit onmoontlik is om al sewe van ons op een foto te kry, sal ‘n tekening wonderlik wees! Ons bly aan die voet van die Klein Drakensberg in Hoedspruit op ‘n sitrusplaas. As jy die berg en ‘n lemoen, lemoenboom, en bloeisel of twee kan inwerk sal dit great wees! As die lemoen tema nie wil werk nie, kan jy met maroelas ook gaan. Ek heg ‘n prentjie aan van die maroelaboom waar Matt my gevra het om te trou. Ek dink egter lemoen-goeters en die maroelaboom kan dalk te veel raak vir een prentjie met drie mense en vier honde. Kyk maar wat werk beter vir jou! Ek heg vir jou soveel moontlik prentjies aan van die berg/plaas, ons vier honde, ons (een voor ‘n lemoenboom!), en ‘n paar van Ruben se gesiggie, maar laat weet as jy nog iets spesifieks nodig het. Ons honde in volgorde van grootte is Charlie (baie groot hond!), Zep, India, en Scout. India en Scout is amper ewe groot nou. Ruben is vandag 3 weke oud, so as jy hom in ‘n kombersie wil toedraai en in my arms sit is dit ook reg. Daar is nog maar min wat hom van ander babas onderskei, behalwe dat hy vir ons die absoluut mooiste is! 😉 Hy het wel effe bak oortjies soos sy ma en ‘n kroontjie agter op sy kop. Liefde, Anri PS: Boland is die plaas se naam