Hi Anja! My ou se pa is skielik oorlede ‘n paar maande terug en ek sal love as jy ‘n commish vir my kan doen wat hy en sy pa se relationship capture. Ek wil dit graag kersfees vir hom gee. Jy sal sien ek’t n paar fotos van arnu en sy pa attach vir jou ek’t try verskillende angles kry sodat jy kan kyk wat die beste werk. Ek’t my LOL-worthy sketch ook vir jou attach, ek hoop ek het vir jou genoeg fotos gegee om te help! Goed wat ek graag daarin wil hê: – Hulle 2 honde (Max & Luke) enige plek waar jy dink dit kan werk. – Arnu en sy pa was soos famous in ons hood vir ou Beetles restoreer hy en sy pa het saam gewerk aan beetles, bikes en basically enige ding met ‘n engine, so ek dink daar moet defs ‘n beetle in wees! – Jy sal sien daar’s fotos van die see waarna ons elke Des saam met sy familie gaan, daai plek was die oom se speelgrond hy ken elke spot waar mens ‘n galjoen gaan kan uit trek, so ek’t gedink as ‘n detail of jy op die oom se t-shirt ‘n galjoen(vis) kan teken? – Die agtergrond kan lyk soos die fotos van die see en rotse of so iets – Ook, black labels is belangrik haha ek’t gedink hy en sy pa kan cheer’s met blackies in die voorgrond? – Ag en die res is net braai en garage tool elements vir filler stuff – Kan jy asb vir sy pa ‘n hoed op teken soos jy sal sien in die genoemde fotos en vir arnu ‘n keppie agterste voorom soos in die skets en altwee smile 🙂 Dan die title mentioned “Check jou baai!” was iets wat die oom ALTYD gesê het en dis ook nou appropriate dink ek aangesien hy finaal baai gesê het, so jy kan dit defs erens in werk. Laatweet asb as jy nog iets kort. 🙂 Dankie x1000Naomi