Ons wonderlike Scottish Terrrier, Smurre het ons onlangs verlaat. Ek wil graag iets he om sy kleurvolle bydrae tot ons lewens te herdenk. Smurre is vernoem na fox in die Nils Holgersson sprokies. Hy was baie lief vir die see : om daar langs te gaan stap, in die poeletjies te swem saam’t sy sussie (Kitty) en gate te grou in die sand. Hy was ook BAIE lief vir sy basketball en het dit vir ure in die rondte ge’dribble’ met sy groot neus. Ons sal sy drukkies die heel meeste mis, as mens hom opgetel het het hy so met sy kop in jou nek in gedruk en hard gekreun. My man het ook altyd gespot dat hy half-badger is, so as jy iewers ‘n badger kan inbring sal dit wonderlik wees. Hy het ook baie tyd op Leeukop spandeer so as jy dit ook kan inskets sal dit awesome wees. Dankie