Hi Nanna, My pa het onlangs verjaar (ek dink hy’s nou 61?). Hy is baie alternatief: ‘n Professor in Filosofie wat tennis speel/fietsry en houtwerk doen. Hy het op Stellenbosch geswot (lief vir die berge) en was op Eendrag Mans Koshuis. As jy iets met daai info kan doen, sal dit cool wees? Hy het ook so oooouu bakkie gehad en ‘n hond met die naam Stoffel. Die foto wat ek aangeheg het is van hom op varsity in die koshuis besig om games te speel. Hulle het blykbaar gereeld tafeltennis en dart kompetisies gehad. My pa is ook baie trots op sy 3 dogters (Cato, Eleni & Klara) dalk kan jy ons name inwerk? Hy love die MAD cartoons en Tolla van der Merwe grappe! Ek hoop die info maak sin! En dankie tog vir jou magic touch, want ek weet nie hoe om dit te laat lewe kry op papier nie. So dankie!! Beste, Cato