Hi Nanna, Sal jy asseblief vir my en my sussie teken vir haar verjaarsdag. (Verjaarsdag is al verby so sy sal dit eers in die nuwe jaar kry!) Sy is jonger is ek, maar is baie langer! Ons het al so baie plekke saam gesien, het so baie memories en ons maak die beste travel buddies, al verskil ons soos dag en nag in terme van hoe ons lyk en persoonlikhede! As jy die volgende elemente kan inbring asb: – Vir haar – haar dimples en tattoos en haar nosering (tans het sy bob blonde hare) Vir my – my kuifie, swart hare wat ek los dra (en korter as sy) – Iets van Parys (eifel toring?/Sacre coeur?) – Iets van Barcelona (Sagrada familia) – Iets van Mykonos – Iets van Athens (by enige van die European plekke kan jy daardie lame touristy “I love ______ (insert plek), want ons het honderde sulke hoodies gekoop want dit was so koud!) – Iets van Bangkok – Iets van Kaapstad – Iets van Glentana As jy iewers die woorde “it’s on the beach” kan inbring sal dit gaaf wees – ongoing joke oor ons hotel in Mykonos. – ‘n Alpaca – ‘n Mythos bier – Nutella jar – Keith Haring-tipe mannetjie (ons het ‘n uitstalling gesien toe ons in Parys was). Ek heg vir jou ‘n paar fotos aan. As jy enigiets anders benodig, asb laat my weet. Baie baie dankie! <3