Nanna die gaan verseker die beste present ooit wees. Dis vir my pa en dis altyd ‘n gesukkel met ‘n geskenk vir hom. Hy verjaar 6 Januarie en ons is daai tyd as ‘n familie saam in Italie op ‘n ski/ snowboarding vakansie. So die comission gaan saam op vakansie (yay). Ek (Sacha) en my pa (Pieter) het verseker ‘n unconventional pa-dogter verhouding. Hy is ‘n Direkteur by ‘n groot ouditeurs firma, ‘n binne-die-lyne, konservatiewe, nommer gedrewe, linker brein dominante mens maar nie te min ‘n vrek lekker ou. Ek is ‘n Graphic Designer, die live-a-little, kreatiewe, regter brein dominante een, ek het tattoos ‘n paar oor piercings en hou van lag en rooi lipstick. Interpreteer dit asseblief op jou manier. So in die skets sal dit dan net ons twee wees, hy wat links staan en ek wat regs staan met sy hand op my skouer. Links voor hom kan sy Scott fiets staan (hy ry erenstig fiets). Hy lees ook graag koerant. Regs voor by my dalk ‘n sonneblom of twee. In die agtergrond die Stellenbosch berge met wynlande en sy past time favorite Landrover Defender dalk tussen die wingerde. In die lug ‘n vliegtuig wat ‘n banner trek wat se: “‘n pa duisend”. Ek (Sacha) in ‘n embroidery rok met my los hare, my pa (Pieter) in ‘n netjiese streepies kraag hemp wat oop geknoop is, van die heupe af op. Ons twee kan lekker lag en cheers met albei wat ‘n glas rooiwyn vas hou.