Hallo Nanna, Jammer dat ek Afrikaans tik😊. Ek bestel hierdie fantastiese kunswerk vir my man wat die “Groot 30” verwelkom op 6 November. FJ is ‘n tandarts. Hy “surf” en hy ry ook “longboard”. Sy gunstelling skoensoort is “Vans”. As dit kom by rock-musiek is hy regtig ‘n massiewe aanhanger van al die Bellville bands. Fokofpolisiekar, Francois van Coke, aKing – die hele lot. As ek sê massief dan bedoel ek dit – hy het die “skateboard”, “patches”, plate en amper elke t-hemp wat mens kan koop. As jy hom teken sal dit fantasties wees as hy ‘n Fokofpolisiekar hemp aan het met Vans skoene en ‘n Levi denim. Ek is sy vroutjie. ‘n Graad R juffrou wat nooit te min energie het nie. Ons het onlangs ‘n kat gekry wat ook sal fantasties lyk op ‘n kunswerk. Haar naam is Alley, wat die kort weergawe is van Allergex😉. Ek weet nie of dit help nie? Kontak gerus as jy meer nodig het.