Hi Nanna, Ek wil graag iets vir my lieflike boyfriend maak vir sy verjaarsdag. Hy is ‘n stil, introvert wat op sy gelukkigste in die see is of op ‘n stoepie in Arniston. So dit sal cool wees as dit so gevoel het – bietjie beachy. Hy love kitesurf (NB!!), Tafel Lager en The Black Keys. Sy Weimaraner, Mac, is sy tweede liefde (na my, of course) en moet asb ook ‘n verskyning maak. Hy het atyd ‘n check hempie aan, hy het brille en die mooiste dimpels as hy lag. Hy nerd ook uit oor trokke, soos, TRUCKS! Sal ook nice wees as jy ‘n rolie iewers kan wegsteek. Hy is baie keer in sy eie wêreld, maar hy is op dieselle tyd baie gefokus en hardwerkend.