“10 August delivery approved by Nanna” Dit is vir my ma Lizelle wat 50 jaar oud word, sy is n kunstenaar van soorte, aldag besig met een of ander handgemaakte projek. Sy het pragtige blou oë en sproete, is mal oor tee, die berge en uile. Is mal oor die kleur turquoise. Hmmm My pa, soos jy sal sien, is bles en het groen oë. Hy is n loodgieter, en mal daaroor, hy is ook n vegetarian. Dan is daar my broer, die fiksheid guru vol spiere,groot bok vir sports en hy het n wilde bos hare en groen oë ook. Ek sal hom graag net so wil hê soos hy ‘pose’ in die foto. Dan is daar my man, hy dra gewoonlik altyd n ‘cap’ , stubble baard en het n manlike neus (soos my ma sal sê -giggel). Hy het ook blou oë en al drie my seuns ook. Die oudste een doen altyd so strange spider-man hand pose of iets met n foto en hy het n hemp met n smiley face op wat hy self geteken het. Tweede oudste is nog jonk maar baie groot lyf vir sy ouderdom, hy het n “skapie” waarmee hy meestal rond loop (sy comfort blanky) en die hoekie daarvan kou in sy mond. Die twee klim en klouter graag teen hul pa op. Kleinste boetie is omtrent n lag masjien, lag baie maklik vir alles. Hy het n groot bruin dummy wat al die boeties deur was. Hy is maar gewoonlik op my heup. Dan is daar ek, ek het blonde hare en het altyd met my sonbril en hoed op. By my ma hulle se huis is daar n groot stoep waar ons al baie memories gemaak het en gaan ook haar komende verjaarsdagpartjie daar hou – Corona themed. Ek het gedink as jy ons dalk op die stoep kan teken… daar is een pilaar vol gemosiak (wat al die kleintjes in vervoering sit en die vingers probeer altyd ietsie los krap) en dan is daar n pilaar vol harte wat my ma gekry het deur jare op verskillende plekke. Die stoep is ook altyd vol gegroei met Ivy. Dan is daar my broer se piepklein hondjie, n tefie, so steekbaard Chiwawa kruising, sy is baie erg oor my broer en volg hom soos n skaduwee. Last, but not least is daar my oudste seun se hond, Scooby, poodle. Baie speelvol en liefdevol. Daar is n mondvol , gebruik wat jy kan, sien vreeslik uit na finale produk 🙂