commission_17092019081626

HI Nanna Ek is al so lank ‘n groot fan van jou en wil graag vir my fam die Kersfees van jou baie spesiale meesterstukke gee. Daar is 4 van ons. Geoff is baie ouer as ek maar het die energie en lewenslus van ‘n 30-jarige. Hy het die mooiste aqua blou oe maar die hare op sy kop het hy al ‘n hele paar jaar terug verloor. Sy ‘uniform’ elke dag (vir werk, uitgaan – maak nie saak nie) is ‘n blou t-shirt, swart jeans en sy leesbril op sy kop. Hy is verskriklik aktief en is mal oor enige sport- draf, golf, squash, surf ski – jy noem dit net en hy is daar. Hy is altyd verskriklik positief en het ‘n hart van goud – help almal waar hy kan. Hy is ook meeste van die tyd die square peg in a round hole en challenge die status quo – altyd! – en conform nooit. Hy is ook mal oor bikes en het ‘n ou Triumph. Zoe is ons oudste dogter en 15jr oud – ‘n ‘mini me’ – donker hare met groen oe. Sy is brainy met ‘n goeie dosis kreatiwiteit en is of baie aktief of super chilled. Sy love om te dans, te lees en die see/beach is haar happy place (sy het sopas gekwalifiseer vir life guard). Keira is ons jongste en 14jr oud – sy is weer blond met lig blou oe. Sy is super aktief en sport is haar ding . Sy neem soos Geoff aan alle sporte deel maar tennis en hardloop is haar passie. Sy kan nie stil sit nie en is heeltyd besig om of slime te maak, iets te bou uit karton, hout, wat ookal in die huis is (moet funksioneel wees en nie net ‘n ornament nie). Sy LOVE babas en is baie betrokke by die skool met interact club waar hulle sosiale uplifting projekte doen. Ek het donker hare en ook groen oe met ‘n bietjie van ‘pushing the boundaries’ uitkyk op die lewe. Ek is in Branding en Marketing so vorms, kleure, woorde en die psychology van mense is heeltyd deel van my. Ek is verslaaf aan koffie en Geoff en ek is ook baie lief vir ons wit wyn. 😉 Ons het twee tabby katte – die een Camo is nes ‘n hond en love mense en om by jou te wees. Die ander een Sunie is weer ‘n ‘regte’ kat en sy is totaal in beheer. Ons bly in Bakoven en sonsondergang op Bakoven beach se rotse met ‘n piekniek is een van ons favourite goed om saam as familie te doen. Dit sal great wees as jy die spesiale tyd wat ons saam het kan inbring. Dit is kern vir ons as familie om fun saam te he en baie te lag! Om te travel is seker die een ding wat ons ons laaste sente op sal spandeer. Ons doen altyd ‘off the beaten track’ trips van Patagonia, Edo trail in Japan, Indie, Madagascar, en en en – my instagram profile sal vir jou die beste idee gee. Baie dankie Nanna!

Comments are closed