commission_19022019141116

Hallo liefste Anja. Jis ek’s excited! Dankie so baie dat jy die tyd vat om hierdie te doen. My broer (Wessel) en sy verloofde (Rebecca) trou amper en ek wil graag ‘n Nanna original vir hulle gee as ‘n trou present. Sienende dat ek in Dubai bly, sal ek dit laat aflewer by my suster wat in Bloubergstrand bly, net so fyi. Anyway. Wessel en Rebecca is baie outdoorsy, carefree, surf baie, travel baie, super vibrant mense. Asb verwys na die “COUPLE” fotos. Twee belangrike goed wat ek defs wil beklemtoon is Becca se krulle, en my boete se facial hair. Vir die main pose sien ek hulle op ‘n klein scootertjie soos jy kan sien in die “POSE” reference. Elk met helmut op die kop, big smiles, and even bigger surfboards (sien “SURFBOARD” ref). Kan ons Rebecca se outfit op die scooter verander na wat sy aanhet in die “WARDROBE” foto. Wessel moet ook eerder ‘n kortmou hemp of vest aanhê ipv langhou. As daar plek is vir ‘n kamera om iemand se nek, asb voeg dit by. (sien CAMERA ref) In die agtergrond soek ek baie mooi waves want hulle is obsessed met surfing. Kan ons asb ook die pienk hut wat jy kan sien in die “HUT” ref ook êrens inwerk… Ek dink ‘n sonsondergang, strale, en mooi wolke, sal als baie mooi afrond. Oh en bome. Ek hou ook van die idee om ‘n vliegtuigie te hê wat ‘n banner oor die wolke trek met hul trou datum in: 6th July 2019. (sien “BANNER” ref) Hulle het ontmoet in die Kaap so natuurlik moet Tafelberg feature, maar ek’t gewonder of ons êrens ‘n klein Hudson’s (restaurant) shoutout kan doen want dit was die actual plek… As jy voel daar is nie plek nie dan sal ek 100% verstaan. All in all wil ek ‘n skets hê wat hulle lust for life opsom. Ek is seker daarvan jy’t al miljoene sulke briefs gekry lol. Ek hoop dit maak alles sin… Asb whatsapp my enige tyd as jy meer info nodig het ok. Hier is my nommer: +971 56 888 4108

Comments are closed