commission_19082020144310

Hi Nanna, My broer, Christiaan, en sy verloofde, Meghann, trou volgende jaar, en hierdie commission gaan ’n verlowing geskenk wees. Hulle is al lank saam, en ken mekaar van skool dae af. Meg is ’n blondie, langerige hare, en baie mooi, ligte blou oë. Sy’s super vriendelik, en laat ’n mens altyd welkom voel. My broer het ’n donker baard (nie te lank nie), kort hare, en die langste oog-wimpers OOIT. Hy’s ook ’n baie vriendelike ou, met ‘n breë glimlag. In fact, albei van hulle kan met groot glimlagte geteken word. Hulle is baie lief vir die natuur, en het in Kaap St. Francis – op die rotse voor die ligtoring en langs die see – verloof geraak. As dié landskap kan feature sal dit great wees. Hulle spandeer ook baie vakansies in Hermanus of in die bosveld, so miskien kan jy ‘n Akasia boom in werk as daar genoeg spasie is? Ander icons of motiewe wat asb. deel van die prent moet wees is: ’n walvis (nie moord nie), ‘n leeu (as nog ‘n nod tot die bosveld), my broer se noem-naam is “Stof” so as jy miskien ’n “name tag” of iets op sy hemp kan add sal dit cool wees. Hy’s ook ’n groot Liverpool fan, so dalk kan die LFC logo erens in pas? (maar nie ‘n trainsmash as jy dit wil uitlos nie), ‘n glas wyn in Meghann se hand, ‘n Suid Afrikaanse vlag, en my broer moet asb die “hang loose” / shaka hand signal wys as moontlik (sien reference pic). Dankie! Carina

Comments are closed