Ek wil graag vir my man ‘n spesiale geskenk gee vir sy 50ste verjaarsdag. Sal jy asseblief vir ons ‘n portret kan maak van ons 4 met ons 2 honde Chappy (staffy) en Lily (rifrug). Chappy is baie energiek en spring gereeld teen ons bene op om aandag te kry. Lily is weer rustiger en baie beskermend oor ons almal. My man (Jaco) en ons jongste (Jaco-Ben, 11) is mal oor hulle voertuie (wit namib landcruiser en geel FJ) en is gedurig buite aan die werk met hulle. Ons oudste (Minke, 16) hou ons op datum met Taylor Swift. In haar vrye tyd kan jy haar met haar neus in ‘n boek kry of in die kombuis besig om piesang muffins te bak. Sy is altyd in beheer van die musiek wanneer ons iewers heen ry, Ek is lief vir fotografie en gebruik graag my kinders en honde as modelle. Jaco se gunsteling kleur is blou en hy het altyd ‘n blou hemp aan. Jaco-Ben se go-to outfit is weer sy “The Rock” t-shirt. Ons 4 is lief vir die Kalahari en gaan kamp altyd in vakansies. Ons styl is meer aan die moderne kant en kleurvol. Ons sien uit om te sien wat jy uitdink!