commission_24032019134553

Hello Anja! Sal jy asseblief vir ons ‘n familieportret teken? Ons familie bestaan uit Ronald (Pa), Jenny (Ma), Daniel (6), Finn (4) en Felix ons scottie. Ons hou baie daarvan om tyd by die see te spandeer. Veral Arniston en Buffelsbaai. Ronald surf graag longboard as hy tyd kry en leer al vir Daniel hoe om te surf. Die hoogtepunt van see toe gaan is om die laagwaterpoele te verken. Daniel se groot droom is om eendag ‘n seekat te vang. Hy wil ‘n seekatrestaurant oop maak en is obsessed met seekatte. Ek het ‘n collage gemaak van ‘n idee, maar intrepreteer dit asseblief op jou manier. Dalk seekatpoote wat die raam maak aan die een kant en ‘n golf aan die ander kant. Met klomp seediere wat die kinders verken in die poele soos kluisenaarskrappe, krappe, seesterre, bloublasies, jellievisse, pampoentjies, klipvisse ens. Finn hou van sandkastele bou, roomys en klipvisse vang. Ek sien dit as ‘n fun portret! Ek het heelwat foto’s vir jou gelaai sodat jy baie references het en ‘n gevoel kan kry van ons familie. Laat asseblief weet as jy vrae het by jennyvice@rocketmail.com of 082 7771114. Ons bly in Durbanville so kan sommer skets kom optel wanneer dit reg is.

Comments are closed