Hi Anja Ek wil graag ‘n familie portret van ons gesinnetjie hê – Marcus, Inge en baba Otto. Ons noem hom soms Die Otter, want hy is die oulikste ding in die wêreld. Maar ons noem hom ook Supreme Leader, want hy rule ons met ‘n iron fist. 🤗 Ons bly nou al vir 7 jaar in Amsterdam. Ons hou vakansie in Stilbaai en na Amsterdam is dit waar ons die meeste van ons tyd spandeer. Ons spandeer so 80% van ons tyd op ons fietse deur die stad, so voel dis deel van ons identiteit hier. 🚲 Ons happy place is as dit somer is ☀️ met ‘n glas wyn vir Marcus en ‘n glas bubbles vir my. Otto is obsessed met boeke, diere en hoedens en dra basies heeltyd ‘n klein flat cap. Ons hou baie van kosmaak maar is eintlik simpletons wat net spaghetti bolognese wil eet. Ideal features: fietse, flatcap, Amsterdam, Stilbaai afdraai seilbootjie, wyn, champagne, blomme, boeke, otters, beertjies plain of strepies t-shirts, roomys! 😅