Hallo! Ek wil graag vir my en my boyfriend laat teken, want ons is die 22ste April 4 jaar saam. Ons is albei meganiese ingenieurs en ons hou baie van karre en moderne argitektuur, so ek dink dit sal cool wees as jy geometriese tipe patrone kan bysit iewers! Oor naweke neem ons albei graag foto’s en wees toeriste in ons eie land. Ek sien baie uit om die eindproduk te sien!